Filippynse senator in hegtenis geneem

’n Filippynse senator, Leila de Lima, is Vrydag gearresteer nadat sy die vorige nag in haar kantoor deurgebring het en die polisie vermoed het dat sy met dwelms deurmekaar is.

Dit is algemeen bekend dat die land gebuk gaan onder die juk van dwelmhandel, en dat president Duterte ’n geweldige stryd voer om die euwel uit te roei.

Senator Leila de Lima, een van Duterte se grootste kritici,  het haar vrywillig oorgegee aan die polisie ’n dag na ’n dagvaarding teen haar uitgereik is om in hegtenis geneem te woord.

Sy het gesê daar is geen waarheid in die bewerings dat sy met dwelms deurmekaar is nie, en is totaal onskuldig.

Opposisielede en ondersteuners van die senator beweer dat president Duterte ’n vete het teen opponente om enige moontlikheid van ’n alternatiewe regering uit die weg te ruim.

Leila de Lima staar egter drie aanklagte wat dwelmverwant is in die gesig, waarvan een klag is dat sy geld ontvang van dwelmhandelaars wat sowat R3 miljoen uitbetaal het aan burgerlikes.

Die president het vroeër gesê hy sal genoodsaak wees om die senator in die openbaar te vernietig.

Foto – Senator Leila de Lima