EFF-leier gearresteer

Die leier van die EEF in die provinsie wat hulle Mpumalanga noem, Collen Sedibe, is gearresteer tydens die opening van die provinsiale parlement.

Getrou aan die EFF se destruktiewe geaardheid, het hulle ook daardie verrigtinge ontwrig en moes uit die provinsiale parlement gelei word deur sekuriteit en polisie.

Toe hulle buite kom is Sedibe gearresteer. Die klagte teen hom is een van bedrog. Hy is later op borgtog van R1 000 vrygelaat.