Eers Gordhan nou Jonas

Die Valke het hul visier nou op Gordhan se adjunk, Mcebisi Jonas.

Volgens inligting is die valke besig met ‘n ondersoek waarin Jonas moontlik betrokke kon wees by ‘n geval van korrupsie by SAL.

Die eenheid Misdaad Teen Die Staat (Cats) se hoof, brigadier Nyameka Xaba, is aan die spits van die ondersoek.  Hy het ook Ivan Pillay en Johan van Loggerenberg ondersoek.

Zuma se vertroueling, Dudu Myeni, word ook betrek by die ondersoek. Jonas se volgehoue beskuldigings teen die Gupta broers kan hom dalk sy pos as adjunkminister kos.

Foto: Mcebisi Jonas saam met Pravin Gordhan