Dwelmbase kry reuse terugslag

Dwelmbase het ’n harde slag gekry toe hulle kosbare vrag van 260 kilogram kokaïen uitgespoel het op die strande van Norfolk waarvan die meeste houers op Hopton strand gevind is.

Die straatwaarde van die kokaïen word op £50 miljoen gestel wat op verskillende plekke op die strande gevind is.

Vier kinders wat gedink het dit is ’n heerlike lekkerny van suiker, en daarvan geëet het, moes dringend na ’n nabygeleë hospitaal geneem word om ontslae te raak van die kokaïen.

’n Lid van die publiek het die Norfolk polisie in kennis gestel van die verskillende houers wat op die strand uitgespoel het, wat kort daarna geïdentifiseer is as houers met dwelms wat klaarblyklik bedoel was om opgepik te word deur dwelmsmouse.

’n Woordvoerder van die polisie het gesê die skade wat dwelmbase lei is ’n groot terugslag vir hulle, maar ook ’n groot deurbraak al kon die mense wat dit afgelewer het, nie opgespoor word nie.