Duitsland kies nuwe president

Die voormalige minister van buitelandse sake in Duitsland, Frank-Walter Steinmeier, is in ’n “kompromie” verkiesing aangewys as die nuwe president van die land.

Steinmeier is die opvolger van de 77-jarige Joachim Gauck, wat vroeër sy uittrede aangekondig het weens sy swak gesondheid.

Steinmeier is die konsensuskandidaat van die Sosiaal Demokrate (SPD) waarvan hy lid is, en die ander twee koalisievennote, die Christen Demokrate Unie van kanselier Merkel en die Christen Sosiale Unie van Bavaria.

Steinmeier is ook redelik goed aanvaar deur die linkse Groen Party en die Liberales van Duitsland.

Hy is uitgesproke oor sy teenkanting van president Donald Trump, en het verskeie kere in die onlangse verlede sy minder vleiende mening gegee oor die Amerikaanse president.

Die 62 lede van die algemene vergadering (Bondsdag) wat die president aanwys, het met ’n oorweldigende meerderheid ten gunste van Steinmeier gestem.

Die president van Duitsland beklee slegs ’n simboliese amp met beperkte magte en vervul hoofsaaklik seremoniële pligte in die land.

Steinmeier sal op 18 Maart amptelik ingehuldig word as Duitsland se nuwe president.