Duitse afvaardiging besoek VSA

Die Duitse minister van buitelandse sake, Sigmar Gabriel, het sy eerste besoek gebring aan die nuwe administrasie van Amerika, en het gesprek gevoer met verskeie kabinetsministers asook met, Mike Pence, die visepresident van Amerika.

Minister Gabriel het in sy toespraak voor die Amerikaanse Kongres die klem laat val op die belangrikheid van goeie verhoudings in die toekoms tussen die VSA en Duitsland.

Sedert Trump kritiek uitgespreek het teen Kanselier Angela Merkel se beleid oor immigrante, het die verhouding stram geword, en het Merkel teruggekap oor Trump se immigrasiebeleid.

Die Amerikaanse visepresident Pence besoek Europa eersdaags en sal tydens die geleentheid sal hy gesprek voer met verskeie Europese leiers oor hoe die bande versterk kan word met bestaande vennote.

Sigmar Gabriel het ook tydens sy besoek met die Amerikaanse minister van verdediging gepraat oor sterker bande met Navo om die lidlande in Europa, en die noorde van Amerika te beveilig.