Dlamini-Zuma spoed voort

Nkosazana Dlamini-Zuma is volstoom aan die gang met haar eie verkiesingsproses om die eerste vroue president van die land te word.

Sy het die naweek aan die Oos-Rand ‘n opening waargeneem van ‘n kerk en haar rede het gegaan oor leierskap van die vrou.

Dlamini-Zuma word voorgehou as ‘n “nkosi” wat hoof (chief) beteken en die Dlamini kom uit die “koningshuis” van Swaziland. Boonop was sy getroud met ene Jacob Zuma wat tans die land se president is.

‘n Siniese waarnemer het opgemerk dat die ANC se landslied moontlik kan verander na “mamma Sikilel iAfrica…”