Departement van Water en Sanitasie bankrot

Nasionale Tesourie het blykbaar versoek dat die Departement van Water en Sanitasie onder administrasie geplaas moet word nadat bevind is dat die departement meer as R4,3 biljoen in die rooi is.

Na bewering het interne beheer, projekbestuur en kontrakbestuur totaal ineengestort.  Die departement word tans ondersoek deur die opnbare beskermer en die spesiale ondersoekeenheid.

‘n R26 miljard projek van die Lesotho Hoogland skema  asook tenderprosedures by die Giyani projek word ook ondersoek . Die Giyani projek se beraamde koste van R500 miljoen het gestyg na R5 miljard.

Hier is daar nie net ‘n rokie nie maar ‘n redelike reuk van korrupsie, bedrog en wanbestuur, wat ten spyte van mooi beloftes deur die ANC, net nie uitgeroei kan word nie.