Deense nasionaliste eis grondgebied

’n Leier van die Deense nasionaliste het daarin geslaag om ’n dispuut oor ’n grens met Duitsland verklaar te kry wat terug dateer na die 19de eeu.

Alhoewel die Dene in Duitsland hulle saam met die regering van Denemarke hulle van die grondeis distansieer, blyk dit of die nasionaliste wel ’n regmatige eis het.

Soren Espersen, die ondervoorsitter van die nasionalistiese Deense Volksparty, het blykbaar ’n ou dispuut van enkele eeue gelede, weer na die oppervlakte gebring oor die grens tussen Denemarke en Duitsland.

Die gebied wat oor ’n tydperk van eeue die middelpunt van ’n dispuut was, is geleë in die Schleswig-Holstein gebied, en het tot rus gekom na die beëindiging van die Eerste Wêreldoorlog.

Tydens ’n TV onderhoud het die dispuut van 1838 weer na vore gekom en die Deense nasionaliste gaande gemaak oor die gebied wat volgens hulle aan Denemarke behoort.

Die gebied het Duitse grond geword na die Deens-Duitse oorlog van 1864 waarna Duitsland twee jaar later volle seggenskap geneem het oor die gebied.

Die Deense Volksparty ondersteun die regerende koalisie wat ’n minderheidsregering is.

Die grens het egter “staande gebly” gedurende die Tweede Wêreldoorlog en is steeds van krag tot op hede, maar kenners meen die Volksparty het moontlik ’n “ou wond oopgemaak om weer behandel te word”.

Die Deense Volksparty is die tweede grootste politieke party in Denemarke, en het ’n beduidende invloed op die Deense bevolking.