Dakota pyplyn gaan voort

Die VSA se ingenieursbeweging het die afgelope dae ’n vergunning gekry van die regering om voort te gaan met die bou van die laaste deel van die omstrede Dakota pypleiding.

President Trump het reeds per dekreet besluit om die omstrede projek goed te keur ondanks aanhoudende proteste van die Indiane asook die klimaat aktiviste wat die bou daarvan teengestaan het.

Die aanleg wat teen ’n koste van sowat $3,8 miljard opgerig word, is vroeër deur Obama verbied toe die Indiane gekla het dat die pyplyn deur hulle gebied se “heilige grond” gebou word.

Die Indiane stam, Rock Sioux  dreig nou om die saak na die howe te bring in ’n poging om die projek te kelder.

Die Dakota pypleiding verbind die ryk olievelde van Noord-Dakota met die raffinadery in die Golf van Meksiko, oor ’n afstand van bykans 2 000 kilometer en bied werksgeleenthede aan honderde mense.