Columbië voer gesprek met guerrillavegters

Die Columbiaanse regering en die guerrilla beweging, die ELN, het die week begin met vredesonderhandelinge in die hoofstad van Ecuador.

Die versugtinge is deur beide partye geopper dat die gesprekke sal lei tot ’n nuwe bedeling wat die 52 jaar van stryd sal beëindig.

Nadat suksesvolle onderhandelings gevoer is met die grootste rebellemag in die land, die FARC, het die Columbiaanse regering ook met die laaste aktiewe beweging, die ELN, begin onderhandel.

In ’n openingsrede het die rebelleleier gesê daar moet verandering kom, en die verandering moet kom om vrede te bring in Columbië na ’n halwe eeu van stryd.

Die vredesonderhandelings het begin nadat president Santos vir etlike jare gewerk het en eindelik daarin geslaag het om die strydende magte om die onderhandelingstafel te kry, wat hom die Nobelprys vir Vrede besorg het aan die einde van 2016.

’n Akkoord, soortgelyk as wat met die FARC aangegaan is, word as noodsaaklik beskou vir vrede met die guerrillamag om te verseker dat hulle nie die gebiede wat vroeër deur die FARC beheer was, weer beset nie.