Cell C soek hulp?

Weens finansiële druk soek die selfoonmaatskappy, Cell C, ʼn gewillige vennoot wat geldelik kan bydra om die maatskappy op ʼn stewiger grondslag te vestig.

Tydens ʼn vorige gesprek met Telkom was hulle aanbod in November 2015 van die hand gewys omdat dit onaantreklik was.

Cell C is tans blykbaar in gesprek met Blue Label vir ʼn moontlike 45% aandeelhouding. Telkom is blykbaar ook in die agtergrond as ʼn moontlike belangstellende.