Busdiens: het Pretoria stadsraad nog geld?

Daar word verneem dat verskeie bustye weggeneem is in Pretoria vanaf 1 Desember 2016, van die omgewings is Waverley en Môregloed, daar kan moontlik nog omgewings wees. Die 15:50 Waverley 6 bus vanaf Waverley is een van die tye wat weggeneem is, daar het ongeveer 20 passasiers, soms meer die bus geneem na die stad toe. Die bustye wat weggeneem is veroorsaak dat van die passasiers wat net tot 16: werk en nou moet wag vir later busse eers teen 18:30 – 19:00 hulle wonings bereik.

Waverley 6 bustye in nou in die middae verander na 12:30, 13:20, 14:50, 16:45 (daag nooit op nie), 17:00, 17:15, 18:40, ʼn uur of meer uitmekaar, behalwe die 3 wat 15 minute uitmekaar is.

Daar is ander busse soos die Wespark, Danville en Voortrekkerhoogte wat in die middae vanaf 15:00 elke 15 ot 20 minute opdaag.

Van die busse se looptye het ook nou langer tussenposes. Dit veroorsaak dat passasiers meer as ʼn uur in die son moet staan en wag op ʼn bus want by die meeste busstoppe is daar nie busbankkies of koelte nie. Indien passasiers nie langer tye wil wag nie moet hulle ander vervoer reël teen ekstra koste terwyl hulle reeds vooruit betaal het vir hulle maandkaartjies.

Daar word ook verneem dat busbestuurders ook nie meer kontant neem nie, dus as ʼn toevallige passasier onverwags stad toe wil gaan is die busvervoer ontoeganklik,.

Passasiers is deur van die busbestuurders in kennis gestel dat die busdiens nie diesel het vir die busse nie en van die busse teen 3 Februarie leeg sal wees, weereens los dit die passasiers met ʼn vervoer probleem.

Die stadsraadrekenings wat in Desember teen verbruikers gehef was op Water en krag en erfbelasting was in baie gevalle buite verhouding hoog.

Die vraag kan gestel word: “Verkeer die stadsraad se kontantvloei onder druk?” Dit is bekend dat die stadsraad se besteding onder die vorige ANC beheer nie altyd van selfbeheersing getuig het nie.