BTW kan dalk nog meer vat

Volgens die SA Instituut van Professionele Rekenmeesters is daar ‘n 75% moontlikheid dat die BTW tarief, wat tans op 14% staan, verhoog kan word na 15%.

Die aankondiging kan dalk in die komende begrotingsrede kom.

Die groot rede is befondsing van studente na die #FooieMoet Val gemors laat in 2016.  Droogtehulp en die Nasionale Gesondheidsversekering skema kan ook ‘n impak hê op die verhoging.