Besighede moet kwotas instel

Die ANC-regering het sakelui gewaarsku dat hul werksmag uit ten minste 60% Suid-Afrikaners moet bestaan, anders gaan hul beboet word.

Dit is veral die toerisme-, landbou-, konstruksie- en mynsektore wat hul skuldig maak aan indiensneming van immigrante.

Dit is egter ‘n alombekende feit dat die buitelanders baie harder werk en hulle min of glad nie steur aan die opswepende vakbonde.  As die Suid-Afrikaanse werksmag nie ‘n behoorlike werksetiek aanleer nie, sal hierdie kwotastelsel rampspoedig vir die ekonomie wees.

Die Vryburger het reeds by geleentheid berig oor ‘n groot ketting eetgroep wat glad nie meer blanke kelners in diens neem nie. Afrika burgers word met groot moeite “opgelei” om as kelners diens te doen. Om Afrikaanse te leer is egter nie deel van daardie opleiding nie.