Beroemde Russiese koor weer op planke

Die wêreldberoemde Russiese weermagkoor,  Alexandrov Ensemble, is weer gereed om in Europa te gaan optree soos aanvanklik beplan is.

Die koor het ’n krisis beleef toe al die lede verlede jaar in ’n vliegongeluk dood is toe hulle onderweg was om uitvoerings te gee.

Tydens die ongeluk met die vliegtuig is al 64 koorlede gedood in een van die mees tragiese gebeurtenisse in die afgelope 30 jaar,

Die weermag het egter dadelik begin om nuwe lede vir die koor op te lei om uitvoering te gee aan die program wat verlede jaar opgevoer sou word.

Die kunswêreld was diep geskok toe die 64 koorlede op 25 Desember verlede jaar omgekom het toe die vliegtuig onverwags neergestort het terwyl dit onderweg was na Sirië om daar op te tree ter bemoediging van die land se mense wat familie verloor het in die stryd teen terrorisme. Nie een van die 92 mense aan boord van die vliegtuig het die tragedie oorleef nie.

Die nuwe koor gaan binnekort sy toer begin na al die groot stede van Europa.

Meer as 2 000 mense het aansoek gedoen om deel te wees van die wêreldberoemde koor waarvan slegs 64 aangestel kon word.

Die koor het eers ’n paar opvoerings gelewer in Rusland voordat hulle vertrek na verskeie stede in Europa.