België verlig oor VSA benadering

Die Belgiese eerste minister, Charles Michel het sy tevredenheid uitgespreek oor wat die Amerikaanse visepresident, Mike Pence, hom meegedeel het na ’n konstruktiewe gesprek gevoer is tussen die twee leiers.

Die Belgiese minister van buitelandse sake, Didier Reynders, het ook deelgeneem aan die gesprek waartydens België sekerheid wou kry oor die Amerikaanse beleid nadat president Trump vroeër uitlatings gemaak het wat Europa bekommerd gelaat het.

België was een van die Europese lande wat erg begaan was oor die VSA se nuwe beleid met betrekking tot Navo en die verhouding met Rusland ten koste van Europa, en het van die kans gebruik gemaak om van visepresident Pence te verneem wat Amerika se strategie is vir die toekoms.

Mike Pence het egter in geen onduidelike taal gesê Amerika beskou Europa as ’n belangrike bondgenoot wat ook die veiligheid van Europa belangrik ag.

Premier Michel het later gesê hy is tevrede met die verloop van die 90 minute gesprek, maar sal in komende maande meer besonderhede wil bekom wanneer hy die nuwe regeerders beter ken.

Europa sien uit na wat visepresident Mike Pence die week sal sê tydens sy gesprek by die voorsitter van die Europese Kommissie, Donald Tusk, wat tot hede ’n uiters negatiewe siening openbaar het teenoor president Donald Trump.

Foto – Premier Michel en Visepresident Pence