België ontwerp waterdigte rekenaarstelsel

Anders as die Nederlanders wat besluit het om die stemme tydens die komende verkiesing per hand te tel, het Belgiese deskundiges ’n rekenaarstelsel ontwikkel wat “nooit deur iemand anders ingebreek kan word nie”.

Belgiese kiesers sal volgende jaar na die stembus gaan, en het nou reeds begin om ’n waterdigte rekenaarstelsel in plek te kry wat nie van buite geïnfiltreer kan word nie.

’n Woordvoerder het gesê die beginsels wat toegepas word in die rekenaarstelsel is sodanig dat dit onmoontlik is om ingebreek te word.

Hy sê die Nederlandse stelsel is vol foute wat “lek soos ’n mandjie” en daarom is ’n besondere stelsel ontwikkel wat nie binnegedring of gekaap kan word nie.

Bart Preneel, ’n rekenaar deskundige belas met die beveiliging daarvan, se die rekenaarstelsels moet nie dat verantwoordelike beamptes houtgerus bly nie, en daarom moet die stelsels gedurig opgradeer word ter beskerming teen inmengery.

Die rekenaarstelsel is opgestel om twee belangrike funksies te verrig, waarvan die eerste ‘n veilige stelsel is, en tweedens ’n akkurate manier om die stemme baie vinnig te tel.