Angeliere die mooiste blomme vir ‘n ruiker

Angeliere is seker van die oudste en gewildste blomme vir rangskikkings en dit ruik darem so lekker. Vir ons is dit ‘n bekende plant hoewel ons dit nie meer in baie tuine sien nie. Angeliere is van die bekendste tuinplante en vertoon mooi waar dit in massas in groot beddings aangeplant is. Angeliere is in die familie Caryophyllacceae en die genus is Dianthus.

Angeliere groei tot 80 cm lank. Die blare en die stingels is grys-groen. Die blare van hierdie plante is baie smal en omtrent 15 cm lank. Omdat die plante so hoog groei met die lang dun stingels is dit geneig om te gaan “lê” en dit moet gestut word.

Die blomme verskyn op die bopunt van die stingels en is verskillende groottes. Daar kan tot vyf blomme aan ‘n stingel groei. Daar is ‘n verskeidenheid van kleure en dit is baie aromaties. Indien ons ‘n bos angeliere vashou, ruik dit so vars en skoon en gee ‘n sterk bosreuk af. Wanneer ons by ‘n bloemiste verbystap is dit ‘n baie bekende reuk wat by die deure uitkom, naamlik “Angeliere”.

Angeliere moet in goed gedreineerde sanderige grond geplant word in vol son. In Colombia word die meeste Angeliere geplant in die wêreld. Wit Angeliere is verteenwoordigend van goeie geluk. Angeliere is die blom vir almal wat in Januarie gebore is!

Angeliere is die nasionale blom van Spanje.

Tuiniers, geniet u tuin tot volgende keer.