ANC Indoenas eis Gordhan se kop

Lede van die ANC se nasionale uitvoerende komitee is van plan om hul spesiale vergadering te gebruik om Pravin Gordhan te laat afdank as minister van finansies.

Dit volg na die koor wat geëis het dat Gordhan afgedank moet word. Hulle sluit in die ANC Jeug- en -Vroueliga en Umkhonto weSizwe se militêre veterane.  Hul eis Gordhan se kop omrede hy die “radikale ekonomiese transformasie” proses sou verhoed.

Daar word reeds bespiegel dat Brian Molefe, omstrede voormalige Eskom-hoof, se inswering as LP die begin is om Gordhan met Molefe te vervang.