Alternatief vir rys en vleis

Enige idee vir iets anders by vanaand se rys en vleis? Probeer hierdie gebakte groenboontjies dis maklik en smaakvol. Die resep lewer 6 porsies.

 

Gebakte groenboontjies:

Bestanddele:

500 ml gesnipperde groenboontjies

1 middelslag uit, fyn gesnipper

12,5 ml botter

25 ml koekmeelblom

2 ml bruinsuiker

2 ml sout

knypie peper

125 ml suurroom (smetana)

75 ml vars melk

250 ml gerasperde cheddarkaas

100 ml verkrummelde aartappelskyfies (kaas en uie smaak die beste)

 

Metode:

Kook die boontjies gewoonweg in ‘n bietjie water tot net sag en dreineer goed.

Verhit die oond tot 180ºC.

Bespuit ‘n oondvaste bak met ‘n volume van 1 liter

Soteer die ui in die botter. Haal van de stoof af en roer die meel, suiker, sout en peper by.

Roer die suurroom en melk by en verhit oor matige hitte tot dik. Roer aanhoudend.

Voeg die uiemengsel en kaas by die boontjies en meng deur.

Skep in die voorbereide bak en strooi die aartappelskyfies oor.

Bak tot dit goed warm is en sit voor saam met vleis.