Al-Kaïda kry nog terugslae

Enkele weke gelede is talle vegters van die Al-Kaida terroriste gedood in verskeie lugaanvalle, maar die afgelope week is nog meer vegters in twee lugaanvalle deur Amerikaanse vegvliegtuie gedood in Sirië.

Twee hewige lugaanvalle op dieselfde gebou in die Idlib gebied van Sirië het vir die dood van elf terroriste gesorg, waarvan een ’n senior bevelvoerder was.

Onder die slagoffers was die hoof offisier, Abu Hani al-Masri,, wat beskou word as ’n gevaarlike man wat aan die hoof gestaan het van die Al-Kaïda skakeling en samewerking met verwante strukture waarvan een die Osama bin Laden terreurgroep is.

Abu Hani al-Masri het glo aan die hoof gestaan van die aanvalle wat op Amerikaanse ambassades uitgevoer is in die verlede,.

Dinsdag is 26 terroriste gedood in lugaanvalle wat gemik was op ander basisse van die Al-Kaïda terroriste, maar menseregte organisasies beweer dat tien burgerlikes ook in die aanvalle gedood is.