Afrikanergeld deur Afriforum na Nkandla?

“Afriforum ondersteun Nkandla-gemeenskap” was die opskrif van die Solidariteit Beweging se aanlyn koerant van 20 Februarie 2017.

Nou kom die ware kleure na vore!  ‘n Woorvoerder van Afriforum , Carien Bloem, word aangehaal dat die organisasie die gemeenskap van Nkandla gaan bystaan met hul probleem en druk uitoefen op die departement om hul beloftes na te kom.  Regshulp sal verleen word aan die ouers en gemeenskap.

Die vraag by my as Afriforum-donateur ontstaan nou hoeveel van die Nkandla gemeenskap is betalende lede van Afriforum of Solidariteit?  Is dit hier ‘n geval dat ander lede (Afrikaners) se geld gebruik om hierdie gemeenskap te help?

Waar lê Afriforum/Solidaiteit se sentiment nou?  Daar word daagliks gevra dat geld in die bewegings gestort moet word, maar ek begin al meer twyfel oor waar daardie geld heen gaan.  Is Afrikanergeld nou weer goed genoeg om hulle te red, terwyl die Afrikaner die sondebok vir alles gemaak word en alles van hom weggeneem word!

Geen geld van my meer na Afriforum nie. My debietopdrag is summier gestaak!

EK de Hellin