Afrika Unie kies nuwe voorsitter

Die voormalige eerste minister van Tsjad Republiek het by sy verkiesing as die Afrika Unie se nuwe voorsitter belowe om ontwikkeling en veiligheid te bevorder op die kontinent.

Te midde van die verkiesing wat klaarblyklik sonder noemenswaardige gebeure plaasgevind het, is dit duidelik dat die 54 lidlande meer verdeeld is as wat hulle ooit tevore was.

Suid-Afrika se Nkosazana Dlamini-Zuma het uitgetree as voorsitter na haar termyn van vier jaar verstryk het, en die vergadering is dit redelik eens, haar afwesigheid sal nie gemis word nie aangesien sy die AU blykbaar in ’n erg verdeelde toestand verlaat het.

Moussa Faki Mahamat, die minister van buitelandse sake in Tsjad is die Zuma vrou se opvolger as voorsitter.

Foto – Afrika Unie in sitting