AFD Jeug aktief vir verkiesing

Lede van die jeugafdeling van Alternatief vir Duitsland het hulle verbind om die stryd te help voer in die verkiesing wat in September plaasvind.

Die Jeug Alternatief (JA) het in hulle eerste fase van aksie begin om samewerking te bewerkstellig met die regsgesinde Identiteit Beweging.

Die voorsitter van die JA in Berlyn, Thorsten Weiß,  het bevestig dat samewerking tussen die twee strukture gaan plaasvind.

Die Identiteit Beweging is ’n erkende intelligensie struktuur wat van waarde kan wees tydens die komende verkiesing in die land.

Die JA woordvoerder sê daar is reeds gevalle waar lede dubbele lidmaatskap het, wat tot voordeel van beide bewegings is.

Die Franse het aanvanklik met ’n Identiteit Beweging begin, wat later oorgespoel het na Duitsland.

Aanvanklik het die JA hom gedistansieer van die Identiteit Beweging (IB) wat as te radikaal beskou is.