ACSA raadslede staar skorsing in die gesig

In ‘n poging om die hoofuitvoerende beampte van die lughawemaatskappy, ACSA, te beskerm het vervoer minister Dipuo Peters kennis gegee dat sy vier raadslede gaan afdank.

Bongani Maseko word daarvan beskuldig dat hy die reëls rakende die maatskappy se voorsieningsketting oortree het.  Hy is klaarblyklik nie die enigste persoon wat betrokke is by die oortredings nie aangesien ander senior amptenare reeds geskors is en wie se verhore nog moet plaasvind.