Aangewese VSA Minister tree terug

Die aangewese minister van arbeid wat deur president Donald Trump benoem is, het gister aangekondig dat hy nie meer beskikbaar is nie.

Andrew Puzder, ’n sakeman en ’n eienaar van talle restaurante in Amerika is, het aangekondig dat hy nie die benoeming aanvaar as minister van arbeid nie.

Die weerstand onder Republikeinse senatore oor sy benoeming is groter as wat verwag is, en die vermoede bestaan dat hy terugtree uit vrees dat hy nie deur die senaat goedgekeur word nie en daarmee sy sakeonderneming skade kan berokken.

Alhoewel die Republikeine ’n meerderheid van 52 teenoor die Demokrate se 48 senatore in die Senaat het, kan ’n stemming teen sy aanstelling maklik wees as ’n paar Republikeine teen hom stem.

Puzder, die hoof van CKE Restaurante het ’n goed gevestigde netwerk opgebou in die deelstaat Kalifornië, en het ook talle uitlaat plekke vir wegneem etes waarvan Hardee en Carls se eetplekke die bekendste is.

Dit is nie bekend wie nou deur president Trump benoem sal word as minister van arbeid nie, maar die verwagting is dat hy ’n prominente sakeman vir die pos sal aanwys.

Foto – Andrew Puzder