11 plaasmoorde in 14 dae

Die eerste twee weke van Februarie het elf plaasmoorde opgelewer, wat dit sover een van die mees bloedige maande op die land se plase maak.

Talle plaasaanvalle, waar niemand dood is nie, is ook gerapporteer, terwyl dit wil voorkom of nie eens alle aanvalle gerapporteer word nie omdat boere nie meer vertroue in die polisie het nie. Tydens ‘n Gemeenskapspolisiëringsforum in Warmbad, het van die boere met bewyse vorendag gekom dat die polisie nie eens bewysmateriaal by ‘n aanvalstoneel gaan haal het nie. Op dieselfde dag dat die GPF-vergadering plaasgevind het, is die 36-jarige mnr. Ryno Janse van Rensburg op ’n hoewe in die Roodekuil-gebied vermoor is terwyl niks skynbaar vermis word nie.

In die Tzaneen-omgewing is ‘n vrou drie maal gruwelik verkrag, alhoewel sy wel die aanval oorleef het.

Die mees gruwelike geval wat die gemeenskap van Balfour geruk het, is die moord van vier familielede op die plaas Modderbult.  Louis Smuts (48) en sy vrou Belinda (42), asook Louis se ouers, Gert (78) en Paulina (77), is vermoor.  Al vier het kopskote gehad.