VSA kry streng immigrasie beleid

Die dekreet wat deur die Republikeinse regering in Amerika uitgevaardig is, bepaal onder meer dat streng toegangsbeheer in die volgende vier maande van krag sal wees wat veral Moslems se toegang bemoeilik.

Die maatreël is die afgelope naweek in ’n dekreet bekend gemaak, en talle lande in Europa en die Midde-Ooste het beswaar aangeteken oor die streng maatreël.

Die Verenigde Nasies het die Trump-regering versoek om die maatreël terug te trek, maar kenners meen dit gaan nie gebeur nie aangesien die president dit as verkiesingsbelofte tot uitvoer bring.

President Trump het daarop gewys dat geen onwettige immigrante, wat onder die vaandel as sogenaamde vlugtelinge in die VSA toegelaat sal word vir die volgende vier maande nie, waarna die Departement van Immigrasie sulke gevalle sal heroorweeg.

Met die maatreël sal gewone reisigers uit minstens 7 Moslemlande ook nie oorweeg word vir toelating nie, en vir Siriese reisgenote geld die verbod vir ’n onbepaalde tydperk.

Kenners wys daarop dat die Trump-regering vasbeslote is om moontlike terreuraanvalle te bekamp en wil nie ’n situasie toelaat soos wat tans in Europa die geval is nie.