Trump vandag ingehuldig

Te midde van die verskillende punte wat vandag besoek word, soos die begraafplaas waar president Kennedy begrawe is, en talle ander terreine van historiese belang, sal daar na verwagting sowat een miljoen mense opdaag vir die plegtige inhuldiging.

Die geleentheid word egter ook ontsier met die teenwoordigheid van duisende vroue wat deur die vakbonde opgevorder is om te betoog teen President Trump tydens die geleentheid.

Kenners wys daarop dat die linkse vakbonde, soos alle vakbonde maar maak, sulke geleenthede aangryp om hulleself op die voorgrond van die media te kry.

’n Woordvoerder van die Republikeine het gesê die optog van die linkses is van geen belang vir die Amerikaanse volk nie, en daarom sal die nuwe regering nie aandag gee aan die swak vertoning van afgunstige mense nie.

Hy het bygevoeg dat dit jammer is dat vroue hulle deur vakbonde laat ompraat om aan ’n niksbeduidende optog deel te neem nie.

Die inhuldiging vind later vandag plaas waartydens die vorige president ook afstand moet doen van sy amp.