Treinspoor van Sjina na Brittanje gereed

Die eerste treinvrag goedere vanaf Sjina na Londen het in die Britse stad aangekom na ’n tog van meer as 12 000 kilometer.

Die roete, wat bekend staan as die “Satynpad” het sy treinvrag met handelsware vanaf Sjina aan die Britte besorg sonder enige haakplekke.

Die rooi-en-geel lokomotief is by sy aankoms in Londen, met wit konfetti toegegooi as verwelkomingsgroet.

Die trein, met sy reuse vrag, het sy interkontinentale reis in die ooste van Sjina begin op Nuwejaarsdag, en in Londen aangekom op Woensdag 18 Januarie.

Die trein se reis het onder meer deur Rusland, Belarus, Pole, Duitsland, België, en Frankryk gegaan voor dit Brittanje deur die Engelse Kanaal bereik het.

Die trein, met sy Deutsche Bahn kenteken, was met groot houers vol klere, en allerlei handelsware gelaai.

Sjina het met die eerste poging begin om sy doelwit na te jaag om handel met die state waardeur die trein beweeg, uit te brei.