Toe weergalm dit: Duitsland, Duitsland

By ’n saamtrek van die Alternatief vir Duitsland (AFD) het die verskyning van Björn Höcke op die verhoog, honderde ondersteuners spontaan begin met “Duitsland, Duitsland, Duitsland…”

Die lang, skraal Björn Höcke  word beskou as ’n opkomende ster van die nasionalistiese Alternatief vir Duitsland, en het met sy jongste uitspraak die linkses laat regop sit met ore gespits.

Höcke het verwys na die “gaskamers” as meulsteen om Duitsland se nek, en bygevoeg dat dit nie die trots van die Duitse volk sal breek nie, al is dit wat daarmee gepoog word.

Onder die honderde ondersteuners was ouer mense te sien, middeljarige welvarende sakemanne, werkers en baie jong professionele manne.

“Die AFD Is die laaste revolusionêre, met die laaste vredeliewende kans om ons Vaderland in stand te hou” het hy gesê terwyl die skare sy woorde onderbreek met luide applous en herhaling van “Duitsland……”

Dit is hierdie vergaderings waar volksnasionalisme weer aangewakker word, wat van die jongman, Björn Höcke, ’n opkomende ster maak in die politiek van die land.

Politieke waarnemers in Duitsland sê dit is hierdie byeenkomste waarvoor die AFD se opponente geen antwoord het nie, en wat die vrees veroorsaak dat Kanselier Merkel se verkiesing in September nie so goed gaan verloop as wat gehoop is nie.

Foto –  Björn Höcke