Samsung hoof nie gearresteer

Die Hoof van Samsung mag nie in hegtenis geneem word nie, was die hooggeregshof in Suid-Korea se bevinding nadat die polisie hom ondervra het oor die Samsung skandaal.

Die hooggeregshof in die hoofstad Seoel het geweier om toe te laat dat voldoen word aan die versoek om die voorsitter van Samsung, Lee Jae-yong, te arresteer.

Lee Jae-yong word beskou as ’n korrupte beampte in die skandaal wat gelei het tot die afsetting van die Suid-Koreaanse president, Park Geun-hye.

Aanklagte is ook ingebring teen sy seun, wat ook die kleinseun is van die Samsung maatskappy se stigter.

Die regter het gesê dit is moeilik om ’n bewysbare rede te vind om die twee in hegtenis te laat neem.

Lee word as hoofverdagte beskou in die skandaal, en sal waarskynlik weer met die gereg in botsing kom nadat verdere ondersoeke deur die polisie gedoen is.

Samsung het etlike miljoene dollar uitbetaal om ’n vriendin van die afgesette president se kind finansieel te help om verder te studeer.

Foto – Persmanne omring die Samsung voorsitter