Rassisme krane weer oopgedraai

Die krane van beweerde rassisme word weer sterk oopgedraai teen verskeie instellings en persone, en in sommige gevalle is dit ongegrond en uit wraak weens bepaalde besluite.

Swart kunstenaars maag hulle anti-blanke gevoel in woord en beeld verwoord, maar skoliere mag dit nie doen in hulle orkes nie.

In Cradock het mnr. Goliat Erasmus al gruwelike doodsdreigemente gekry nadat hy ‘n werker ‘n geleentheid in ‘n skaaphok op sy bakkie gegee het. Nadat hy besigheid gedoen het by ‘n boer, het die gevra of een van sy werkers se kinders mag saamry aangesien sy kliniek toe moet gaan. Sy wou agter op die bakkie sit in die wind omdat dit warm was. Die bak was egter vol as gevolg van ‘n leë hok waarin skape geweeg word. Sy het vrywillig daar in geklim en later gesê sy het lekker gery. Die polisie het mnr. Erasmus ook oor die voorval besoek en doen nou ‘n formele ondersoek.

By die Tshwane-metro staan mnr. Frans du Toit aan die ontvangkant beskuldigings van rassisme. Werkers beweer hy het hulle “k****rs en bobbejane” genoem.

Die saak het gedraai by die burgemeester se kantoor, maar sy woordvoerder sê daar is geen bewyse dat dit wel gebeur het nie.

Mnr. du Toit sê die klag is die gevolg van die inwerkingstelling van ’n nuwe bestuurstelsel om buitensporige oortydeise en ander prosedures te hanteer, en waarmee die werkers skynbaar nie gediend was nie.

Die werkers staak nou en sweep ander werkers op. Mnr. du Toit word inmiddels skynbaar deur van die werkers en die EFF geïntimideer. Nietemin duur die ondersoek teen hom voort.

By die Rondebosch Boys’ High School is twee seuns uit die skool gehaal en ‘n derde gaan aan tugprosedures onderwerp word nadat hulle musiekgroep ‘n liedjie geskryf het, wat skynbaar bekend staan as “donker humor”.

In die liedjie sê een van die seuns onder meer: “Ek voel ’n onaardse pyn weens my haat vir k*****s” en in ‘n ander opname sê een van die seuns dat hy nie rassisties is of enige ras haat nie. “Ek gebruik nooit die woord k****r nie; dis so onbeskof.”

Foto: Die vrywillige saamrygeleentheid waaroor ‘n man nou erge doodsdreigemente kry