Polisiewaghond slaan toe op polisiekommissaris

 

Die Onafhanklike Polisie Ondersoek Direktoraat (OPOD) het ‘n lasbrief bekom van die Pretoriase Hooggeregshof om beslag te lê op R80 000 se elektroniese toerusting by die huis van die waarnemende polisiekommissaris, Khomotso Phahlane.

Die beslaglegging staan in verband met bewerings van moontlike korrupsie en dwarsboming van die gereg deur Phahlane. Klagtes van moontlike korrupte onderhandelinge met ‘n chemiese maatskappy word ook ondersoek.

Intussen het Phahlane gedreig om OPOD hof toe te sleep omdat hy voel hulle het hom verneder deur die media vooraf in te lig van die deursoeking van sy huis.

Sou die klagtes teen hom gegrond wees, sal hy die vierde ANC-aangestelde kommissaris wees wat met onwettige handelinge verbind en uit sy pos verwyder is. Dit is ‘n twyfelagtige rekord van 100%.