Polisiehoof steeds in spervuur

“Swart mense is maklik om om te koop.”

Dit volgens die eienaar van die maatskappy wat die klankstelsel verskaf het aan die waarnemende polisie kommissaris,  Khomotso Phahlane.

Hierdie bewerings vorm glo deel van die ondersoek van die Onafhanklike Polisie Ondersoek Direktoraat (OPD) se ondersoek rondom die kommissaris se transaksies met die chemiese verskaffer Crimetech.   Crimetech het ‘n R50 miljoen kontrak met die polisie se forensiese eenheid om chemikalie en ander materiaal te verskaf.

‘n Senior polisieoffisier,  ene Sandragasen Moonsamy in Oos-Londen het die kommissaris se “korrupte” verbintenis met Crimetech bevestig.