Polisie skok tydens Slag van Bremerstraat

Een blanke is ernstig beseer en ‘n dame is gearresteer vir sedisie, nadat daar die naweek onenigheid was tussen inwoners en grondbesetters by Bremerstraat in Daspoort, in die weste van Pretoria.

Inwoners het beswaar gemaak teen die besetting, na ‘n aanvanklike besluit van die stadsraad om ‘n aantal inwoners van Atteridgville te skuif na Bremerstraat, op ‘n klein stukkie grond tussen ‘n bestaande plakkerskamp en die straat.

Die publiek is nie geken in die proses nie, en die besluit is eensydig deur die stadsraad op die gemeenskap afgeforseer.

Toe die inwoners van die gebied begin vrae vra, is hulle deur die plakkers gedreig dat hulle vrouens en kinders verkrag en vermoor sal word.

Op ‘n stadium was daar skynbaar verwarring toe ‘n vroulike DA-raadslid ‘n brief gebring het wat dit stel dat daar geen toestemming verleen is vir die plakkery nie, maar net daarna het ‘n swart DA raadslid aan die mense gesê het dat hulle wel daar mag plak.

Daarna het chaos uitgebreek wat deur die nag geduur het, tussen die onwettige plakkers en die gemeenskap.  Omstanders sê die SAPD en Metropolisie se vyandigheid teenoor die blanke gemeenskap, was skokkend.