Ons “betaal” maar nie alles nie

Die Gautengse Gesondheidsdepartement het bewerings ontken dat hul in gebreke bly om verskaffers binne die vereiste 30 dae periode te betaal.

In ‘n verklaring word gesê dat die departement al hul verskaffers betaal maar egter nie die volle bedrag nie as gevolg van begrotingsoorskreidings.

Bewerings van swak finansiële bestuur in die departement doen reeds lankal die rondte.

Gauteng hoef nie sleg te voel nie aangesien Die Vryburger reeds by vorige geleenthede berig het van die Vrystaatse gesondheidsdepartement wat tot ses maande agterstallig raak met betalings aan dokters.