Onderwysers lol met leerders

 

‘n Ou probleem in skole het weer sy kop uitgesteek nadat ‘n foto die lig gesien het van ‘n onderwyser wat ‘n leerling soen.

Die Gautengse LUK van onderwys, Panyaza Lesufi, het intussen onderwysers gewaarsku teen verhoudings met leerlinge.

Intussen betoog ouers in Kakamas oor ‘n skoolhoof se aanstelling, wat gestop is nadat dit aan die lig gekom het dat vroeër ‘n skoolleerling swanger gemaak het.

‘n Hofbevel is teen die departement verkry oor die aanstelling, maar van die ouers ondersteun die skoolhoof ten spyte van die klagtes. Hulle voer aan dat die leerling op daardie stadium reeds 21 jaar oud was en dus volwasse was en gevolglik wettig toestemming kon gee.

Uiteraard werp dit ook weer vraagtekens oor waarom sommige leerlinge tot hulle 21ste jaar nog op skoolbanke sit.

Foto: Kakamas ouers betoog teen aanstelling van nuwe skoolhoof