Mandela se onderhoudsaak uitgestel

Nelson Mandela se kleinseun Mbuso Mandela se saak van weiering om onderhoud te betaal en minagting van die hof  is tot Februarie uitgestel.

Hy is ‘n week gelede gearresteer nadat hy versuim het om ‘n onderhoudsondersoek deur die hof by te woon.