Man sterf omdat polisie nie sy werk doen

Die polisie doen nie hulle werk nie, die gemeenskap moet self inspring om hulle omgewing te beveilig, en nou word daardie gemeenskapslede die slagoffer.

Dit het daartoe gelei dat ‘n lid van die gemeenskap nou sy lewe verloor het, omdat hy die polisie se werk moes doen. Dié tragiese lot het mnr. Johnny Grobler (46), ’n lid van die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) in Nigel aan die Oos-Rand, getref, toe hy dood is nadat ’n lid van ’n rowerbende uit ’n boom op hom en sy kollegas losgebrand het.

Hy was op patrolliediens toe hy naby ’n Shoprite-winkel mans opmerk wat pas ’n groep mense van hul selfone en geld beroof het en die bende agternagesit het. Skynbaar was daar geen polisie naby nie.