Italië verdedig Trump beleid

Die Europese Unie is met ’n eie muur niet goed geposisioneer om ’n oordeel uit te spreek oor die Amerikaanse president se immigrasie beleid nie.

Die uitlating is gemaak deur die Italiaanse Minister van Buitelandse Sake nadat verskeie Europese politici president Trump se maatreël gekritiseer het.

Minister Angelino Alfano sê in ’n verklaring dat almal wil vergeet is dat die verskillende Europese lande ook “mure” oprig teen immigrante.

Europa het ’n ander visie as die Verenigde State en president Trump, en is daarom gemoeid met ’n nuwe vlak van onveiligheid, beter bekend as terrorisme, sê die minister.

Europa het die afgelope twee jaar gebuk gegaan onder verskeie terroristeaanvalle wat baie mense gedood en verwond gelaat het, waarvan die meeste voorvalle gepleeg is deur sogenaamde vlugtelinge wat onder die dekmantel van asiel, die terreurdade gepleeg het.

Foto – Angelino Alfano