Inhoud van damme verbeter

Die inhoud van die opgaardamme in Transvaal het die afgelope week aansienlik verbeter na die goeie reën wat verlede naweek oor ’n wye gebied uitgesak het.

Die Vaaldam se inhoud het reeds tot 62% gestyg, wat beter is as wat dit verlede jaar in die ooreenstemmende tyd was.

Alhoewel die invloei afgeneem het, word verwag dat die vlak hierdie naweek tot 63% kan styg.

Die Sterkfontein dam se vlak is nog goed en staan op 87% terwyl die Grootdraai se vlak op 18 Januarie 99% was, maar die Bloemhof dam is nog laag en staan op 34%, wat ietwat meer is as verlede jaar dieselfde tyd.

Kenners het gereken dit kan tot vyf jaar neem voor die Vaaldam weer vol is, maar dit wil lyk asof hulle oordeel nie korrek is nie, aangesien nog reën in Februarie en Maart verwag word in die opvanggebied.

Foto – Argieffoto van die Vaaldam wat oorloop