Hulp vir hoenderbedryf te laat

Rob Davies, die minister van handel en nywerheid, het onderneem om die hoenderbedryf meer winsgewend te maak. Dit volg op die ineenstorting van die hoenderbedryf as gevolg van die storting van hoendervleis vanuit  oorsese lande.

Sy oproep “werk met ons” kom dalk maande te laat nadat Rainbow Chicken reeds aangedui het dat die meerderheid van hul hoenderplase gesluit  gaan word weens nie-winsgewindheid.

Nou wil die minister die hoenderbedryf skielik winsgewend maak sodat werksgeleenthede nie verlore moet gaan nie.  Die ANC bewind het egter volstrek geweier om maatreëls in te stel om die storting van goedkoop en laeklas hoenders te verhoed. Hierdie probleem kom al oor etlike jare.

Ekonome sê die ondersteuners van die ANC moet mede verantwoordelikheid aanvaar vir die geldelike chaos in die land.