Gesprek Trump met Meksikaan afgestel

Die Meksikaanse president, Enrique Peña Nieto, het sy besoek aan die Amerikaanse president, Donald Trump, gekanselleer.

Dit volg nadat die Amerikaanse president op die sosiale netwerk gesê het die Meksikaan hoef nie na Amerika te gaan as hy steeds weier om vir die grensmuur te betaal nie.

Trump het daarop gewys dat die Verenigde State ’n handelstekort van $60 miljard toon met Meksiko, en gaan waarskynlik die muur betaal kry met verhoogde heffings.

Trump wys daarop dat die handelstekort ook beteken dat baie werksgeleenthede in die VSA verlore gegaan het met die goedere wat ingevoer is.

Waarnemers meen die geskil oor die finansiering van die grensmuur kan lei tot ekonomiese knelpunte vir Meksiko, terwyl Amerika waarskynlik sy nyweraars sal aanmoedig om die goedere wat van die buurland ingevoer word, self te vervaardig en sodoende duisende nuwe werksgeleenthede skep.

Sean Spicer, die Wit Huis woordvoerder, het later gesê die Amerikaanse regering hou die deur oop as Meksiko steeds ’n besoek wil bring.

Foto –  President Enrique Peña Nieto