Geen moeite bruinrys slaai

Bruinrys slaai vir ‘n warm aand saam met braaivleis. Geen moeite resep en kan ‘n paar dae voor dit opgedien word in yskas gestoor word. Genoeg vir 6 porsies.

 

Bruinrys slaai:

 

Bestanddele en metode vir die slaaisous:

60 ml olyfolie

30 ml suurlemoensap

20 ml Dijon mosterd

1 knoffelhuisie, fyngekap

Sout en vars gemaalde swart peper

 

Meng al die slaaisous bestanddele en hou eenkant.

 

Bestanddele vir slaai:

500 ml gaar bruinrys

200 gr baba tamaties, gehalveer

300 gr ontpitte swart olywe, gedreineer en gehalveer

75 gr sprietuie, gekerf

30 gr vars basiliekruidblare gekap

3 wiele fetakaas, gekrummel

 

Metode:

Meng al die slaai bestanddele liggies in ‘n opdienbak.

Gooi die slaaisous oor en meng weer liggies deur en bedien saam met u braaivleis.

Geniet u ete