Franse Sosialiste kies kandidaat

Die Franse Sosialiste Party (PS), het die afgelope naweek hulle presidentskandidaat gekies wat in die Mei presidentsverkiesing teen Front Nasionaal en die Republikeine te staan sal kom.

Die uitslag was ’n verrassing vir baie gesoute Sosialiste toe dit bekend geword het dat Benoît Hamon die meeste stemme getrek het.

Hamon, wat ’n radikale sosialis is, het meer gewild geraak onder die linkses van Frankryk tydens die vorige TV debat toe hy sy opponent, Valls, oorwin het met linkse beleidsake.

Valls het reeds voor die verkiesing gesê hy is oortuig daarvan dat Hamon die Sosialiste se kandidaat sal wees.

Hamon het 58% van die stemme gekry teenoor Valls se 41%.

Die stryd tussen Francois Fillon van die Republikeine, Marine Le Pen van Front Nasionaal en die Sosialiste se Hamon het waarskynlik nou in volheid begin.

Volgens die jongste meningspeiling in Frankryk, is Marine Le Pen die voorloper met 25% steun, met Francois Fillon in die tweede plek met 22% en Hamon met 21% steun.

Foto – Le Pen, Fillon en Hamon