Duitsers ontwerp nuwe satelliet

’n Spaanse satelliet wat deur Duitse tegnoloë ontwerp is, het die ruimte ingeskiet met ’n Russiese vuurpyl vanaf Frans Guinee.

Die vuurpyl het ’n satelliet gedra wat as ’n eerste beskryf word om deur Duitsland ontwerp te word in die afgelope 25 jaar van ruimtevaart.

Die telekommunikasie satelliet wentel om die aarde teen ’n hoogte van sowat 36 000 kilometer bokant die aarde, en is tegnologies aansienlik meer gevorderd as wat tot nog toe in gebruik gestel is.

’n Russiese Soyuz-2 ST-B vuurpyl het vanaf die ruimtesentrum in Frans Guinee die ruimte in getrek met ’n Hispasat 36W-1 satelliet aan boord.

Die Spaanse satelliet sal Suid Amerika en Europa en die Kanariese Eilande voorsien van ’n wye reeks telekommunikasie dienste soos ’n besonder breë bandwydte vir multimedia.

Die satelliet is in Brenan, Duitsland ontwerp en vervaardig, en het ’n totale massa van 3 220 kilogram en het blykbaar ’n lewensduur van 15 jaar.

Die lande wat besien word, sal ook verbeterde TV ontvangs, Internet toegang en mobile foon dienste kan verwag met die nuwe tegnologie.

Die satelliet is ontwerp en gebou teen ’n koste van 240 miljoen euro wat beteken dat dit meer ekonomies sal wees as die vorige satelliet wat gebruik is.