Botterbroodjies by die tee

Wat is daar om saam met ‘n heerlike koppie tee te geniet? Botterbroodjies met limonade? Kom probeer gerus hierdie resep, dis heerlik bros en so sag op die tong. Dit is ook sommer ‘n wenner as jy vinnig iets moet bak vir gaste.

 

Romerige bros botterbroodjies:

Bestanddele:

500 gr bruismeel

200 ml limonade

250 ml vars room

Knippie sout

 

Metode:

Stel oond op 190º C.

Bespuit of smeer ‘n bakplaat.

Sif bruismeel en sout saam  in mengbak.

Sny room en limonade met slaplemmes in.

Besprinkel ‘n deegplank met meel en druk die deeg 1 cm dik of dikker na smaak, plat op die plank, sommer met u hande.

Druk botterbroodjies met ‘n koekiedrukker (grootte van jou keuse) uit. (Of gebruik ‘n glas se bokant, grootte van jou keuse).

Plaas botterbroodjies op gesmeerde plaat (naby aan mekaar) en smeer bokant met ‘n bietjie melk.

Bak tot goudbruin, omtrent 20 minute.

Lig met spaan uit en plaas op afkoelrak en skakel solank die ketel aan.

Sny oop en bedien met botter en konfyt of enige iets wat lekker is.

 

Geniet u tee en botterbroodjies