Aartappel gesondheidsbrood vir die warm dae

Wat eet ons op so ‘n warm dag? Kom ons bak hierdie aartappel gesondheidsbroodjie. Geniet dit saam met ‘n heerlike bakkie mengelslaai.

 

Bestanddele:

250 ml gaar aartappels fyngedruk

525 ml volgraanmeel

250 ml koekmeel

7 ml koeksoda

10 ml bruin suiker

5 ml sout

500 ml ongegeurde laevet jogurt (by kamertemperatuur)

 

Metode:

Verhit die oond tot 180ºC.

Meng die droë bestanddele saam.

Vryf die aartappels met die vingerpunte in die droë bestanddele in.

Meng die jogurt by die meel en aartappelmengsel in.

Bespuit ‘n broodpannetjie van 220 mm x 100 mm en plaas die deeg daarin.

Bak vir 1 uur en 15 minute.

 

Geniet u daaglikse brood.